Marieta McGrath, in samewerking met limeriekskrywer Ellen Botha, sowel as Naledi, stel ‘n limeriekbundel saam … en daarvoor benodig ons jóú slim, skreeusnaakse, ritmies perfekte limerieke.
Wil jy graag leer om ‘n limeriek te skryf?
Stuur vonkpos na haai@marietamcgrath.co.za vir meer besonderhede.

Rymskema AABBA

Vyf reëls

± Agt lettergrepe in reëls 1, 2 en 5

± Vyf lettergrepe in reëls 3 en 4

ʼn Baie spesifieke ritme: Anapesties (pa PAA pa pa PAA (pa pa PAA)) — jy mág 'n klein bietjie kroek!

Dit móét snaaks of effens siek wees.
1. ‘n Maksimum van vyf limerieke, asseblief.
2. Jou limeriek MOET al die boksies tiek (sien boksies hieronder).
3. Net ongepubliseerde limerieke sal aanvaar word. (Sosiale media uitgesluit.)
4. Jou limeriek moet jou eie werk wees. Ons sal weet.
5. Inskryf beteken jy gee toestemming dat jou limerieke in die bundel opgeneem word.
6. Geen tantième sal betaalbaar wees nie.
7. Die bundel hang af van die inskrywings se kwaliteit. Ons behou dus die reg om nie die
bundel uit te gee nie.
8. Sluitingsdatum: 30 Junie 2025
1. ‘n Maksimum van vyf limerieke, asseblief.
2. Jou limeriek MOET al die boksies tiek (sien boksies hieronder).
3. Net ongepubliseerde limerieke sal aanvaar word. (Sosiale media uitgesluit.)
4. Jou limeriek moet jou eie werk wees. Ons sal weet.
5. Inskryf beteken jy gee toestemming dat jou limerieke in die bundel opgeneem word.
6. Geen tantième sal betaalbaar wees nie.
7. Die bundel hang af van die inskrywings se kwaliteit. Ons behou dus die reg om nie die
bundel uit te gee nie.
8. Sluitingsdatum: 30 Junie 2025
Wil jy graag leer om ‘n limeriek te skryf?
Stuur vonkpos na haai@marietamcgrath.co.za vir meer besonderhede.
Kontak my gerus by haai@marietamcgrath.co.za